Saak uitgegooi na metrobeampte motoris skiet

Foto: SAPA

ʼn Saak van poging tot moord teen ‘n metropolisiebeampte wat ʼn motoris in die been geskiet het tydens ʼn beweerde padwoede-voorval is gister deur die hof teruggetrek.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, sê die saak van poging tot moord teen die metrobeampte is gister in die Roodepoort-landdroshof uitgegooi. Minnaar sê die metropolisie sal ook geen verdere stappe teen die beampte neem nie aangesien hulle van mening is dat hy uit selfverdediging opgetree het. ʼn 24-jarige motoris se voertuig het glo Woensdag teen die metrobeampte se motor gebots in Honeydew, Johannesburg. Die metrobeampte was saam met sy vriendin, ʼn polisiebeampte, in die motor. Die motoris het glo die polisiebeampte se dienspistool gegryp en op die metrobeampte gerig. Die metrobeampte het sy dienspistool uitgepluk en die motoris in die been geskiet. Minnaar sê die motoris is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.