Saak uitgestel van pa wat dogters verkrag

hofhamertjie-2-320x264ʼn Vrystaatse man, wat daarvan verdink word dat hy sy twee dogters vir langer as tien jaar verkrag het, se saak is Dinsdag in die hof vir seksuele oortredings in Bloemfontein uitgestel tot volgende jaar.

Die saak is tot 28 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. ʼn Verhoordatum sal ook dan bepaal word.

Die 55-jarige verdagte van Boshoff, staar twee aanklagte van die verkragting van sy dogters, nou onderskeidelik 21 en 26 jaar oud, in die gesig. Daar is ook ʼn moontlikheid dat meer aanklagte by die aanklagtestaat bygevoeg kan word.

Hy het na bewering begin om sy oudste dogter in 2002 te verkrag en sy jongste in 2007. Hy het hulle glo voortdurend verkrag totdat hy in September in hegtenis geneem is. Lees meer hier.    

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.