Saak van Warrenton-skoolwerker wat glo verkrag, uitgestel

Die werknemer by ʼn laerskool in Warrenton, wat daarvan verdink word dat hy verlede week ʼn seuntjie by die skool verkrag het, het vandag weer in die landdroshof in die dorp verskyn. Die saak is egter weer tot 2 September uitgestel, wanneer die beskuldigde moontlik vir borg sal aansoek doen.

Luit. Olebogeng Twana, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die beskuldigde het glo verlede Maandag ʼn 7-jarige seuntjie in ʼn badkamer by die skool verkrag. Die man is daardie Donderdag in hegtenis geneem nadat die seuntjie aan sy ma gesê het hy is verkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

GEEN BORG VIR VERKRAGTERS, PEDOFIELE EN MOORDENAARS !

***

Wie van julle wat in my ouderdomsgroep (50+) val onthou, as laerskoolkind was daar spesifieke tye wanneer ons die “kamer mog verlaat het” ? Gewoonlik nie gedurende klastye nie, SLEGS pouses.

Willy ·

Ek onthou nog so goed om die hand op te steek een klap met die wysvinger teen die duim om die juffrou se aandag te trek en dan te vra: Juffrou mag ek asb die kamer verlaat? Jy mag net in hoogs uitsonderlike gevalle gedurende klastyd soos jy tereg sê Trippie.

Trippie ·

Jip, en jy het gewag dat juffrou jou EERSTE aanspreek, en geeindig met ‘n “dankie Juffrou”.

Stoere Boer ·

En was daardie dankie nie met respek gesê nie. Duidelik kan die verskil tussen daardie geslag en vandag se jeug duidelik in hul maniere gesien word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.