SAB-werkers begin staak

images (3)Werkers van die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) het Maandag landwyd by die onderskeie aanlegte begin staak.

Katishi Masemola, woordvoerder van die vakbond Fawu, se werkers het Maandag by aanlegte in die binneland begin staak. Hy se werkers by aanlegte in die kusgebiede sal Dinsdag by die staking aansluit. “Teen more sal daar sowat 2200 uit 3000 werkers staak.” Fawu eis ‘n 9,5%-verhoging. SAB sê in ‘n verklaring hy bied ‘n 7%-verhoging aan. Mauricio Levya, besturende direkteur van SAB, se die maatskappy hou by sy aanbod ondanks die staking. “Ons het ‘n beroep op Fawu gedoen om ‘n stemming vir ‘n staking te doen en sal hulle daarmee bystaan. Ons is bekommerd dat indien daar nie ‘n stemming is nie, werkers tot intimdasie en selfs geweld sal oorgaan om steun vir die staking te kry.” Levya sê die maatskappy het gebeurlikheidsplanne in plek om ontwrigtings te beperk. Hy se die aanbod van 7%-verhoging is “baie mededingend” en bo vanjaar se inflasiekoers. “SAB is een van die hoogs betalende werkgewers in Suid-Afrika en een van die hoogste in die brouery-industrie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.