Sabbatsjaar vir Johann Rupert

Johann Rupert

Johann Rupert, miljardêr en voorsitter van Richemont, beplan ‘n sabbatsjaar ná die groep se jaarlikse vergadering in September vanjaar.

Rupert (62) wil glo Antarktika besoek en “sowat 50 boeke lees”, berig Business Day. “Ná 25 jaar dink ek ek verdien dit,” het Rupert glo gesê. “Ek wil net vir ‘n ruk lank my eie tyd bestuur. Dis ironies dat iemand in die horlosiebedryf nie in beheer is van sy eie tyd nie.”

Alhoewel Rupert in “perfekte gesondheid” verkeer en selfs ophou rook het, het die verlies van verskeie vriende weens hartaanvalle tot sy besluit gelei. Rupert het aan die koerant gesê hy moes al selfs ‘n aanbod om die Rugby Wêreldbeker in 2011 by te woon en uitnodigings om aan kunsvlieghengel deel te neem, van die hand wys.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.