SABC3 berispe oor ouderdomsperk

Die TV-kanaal SABC3 is deur die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) oor die vingers getik omdat hy nie die korrekte ouderdomsbeperking gebruik het vir ʼn episode van die sepie “All My Children” nie.

ʼn Ma het ʼn klag by UKKSA ingedien nadat ʼn spesifieke episode van die sepie ʼn ouderdomsbeperking van slegs PG10 gehad het terwyl daar sekstonele voorgekom het. Die ma se kinders het glo gewag vir ʼn kinderprogram om te begin toe hulle die sekstonele gesien het. Die ma het die klag ingedien aangesien sy meen dit “baie skadelik” vir kinders is en aangesien “so baie kinders reeds op ʼn jong ouderdom seks het.” UKKSA het bevind hoewel daar geen naaktonele in die betrokke episode was nie daar wel “tonele van seksuele voorspel was.” UKKSA het die kanaal gewaarsku en gesê dat die spesifieke episode ʼn ouderdomsbeperking van 13 moes gehad het en dat daar gewaarsku moes word dat die episode sekstonele bevat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Hoe belaglik is die sogenaamde ‘heiliges’ darrem? Seks en naaktheid is nie sonde nie! Inteendeel, dit is natuurlik en gepas en hoe beter kinders van kleins af aan die skoonheid en onskuld van naaktheid en liefderike seks gewoond raak hoe minder sal ons die boosheid van verkragtings en gepaardgaande seksuele oortredings sien.

Daar is skynbaar niks verkeerd met sepies of TV films as die held gou ‘n motor steel, of die ‘boef’ skiet of iemand half dood slaan nie. Dis aanvaarbaar, deel van die storie! Moord is ook aanvaarbaar, ons groot held James Bond is gilisensieer om te moor. Feitlik elke TV storie het ‘n paar moorde in, gewoonlik deur die held of antiheld gepleeg. So kinders mag moord en doodslag en diefstal sien maar ag tog asseblief net nie ‘n kaal tiet nie! Ek hoop die ou ma het daaroor ook gaan kla. Rassistiese leuen programme is heeltemal aanvaarbaar, veral as dit eensydig die witmens as skurk uitbeeld. So die kinders word reg geprogrameer.
Die spul huigelaars maak my siek. Ek het in Europa gewoon en gewerk waar hele gesinne saam naak verkeer by publieke plekke en daar is bykans geen verkragtings nie. Wel diefstal en moord, alhoewel baie minder as in RSA, want weereens is dit toelaatbaar op TV.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.