SABMiller-voorsitter sterf

Graham Mackay Foto: thegrocer.co.uk

Graham Mackay Foto: thegrocer.co.uk

Graham Mackay, voorsitter van SABMiller, is Woensdag in die ouderdom van 64 oorlede.

“Mackay het vreedsaam vanoggend gesterf met sy familie aan sy sy,” het John Davidson, maatskappysekretaris van SABMiller plc, in ʼn verklaring gesê.

John Manser, waarnemende voorsitter, is met onmiddellike effek as voorsitter aangestel en Guy Elliott as senior onafhanklike direkteur om Manser op te volg.

“Graham was een van die mees motiverende en suksesvolste leiers in internasionale sake. Almal voel geseën deur sy visie, lojaliteit en vriendskap die afgelope 35 jaar wat hy by die maatskappy was,” het Manser gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.