Sabotasie glo rede vir Jhb-kragonderbrekings

downloadCity Power se sabotasie is die rede vir die wydverspreide kragonderbrekings in Johannesburg.

Die kragvoorsiener sê dit wil voorkom asof daar met een van die substasie gepeuter is terwyl kragtoerusting by ’n substasie met die hand buite werking gestel is. City Power sê die polisie ondersoek die saak terwyl veiligheidswagte aangestel is om by die substasies wag te hou. Daar word intussen van kontrakteurs gebruik gemaak om die probleem te probeer oplos. Volgens City Power is die Hursthill en Mayfair-substasies weer in werking. Die substasies voorsien elektrisiteit aan Auckland Park, Bosmont, Crosby, Emmerentia, Mayfair, Northcliff, Rosebank, Riverlea en Westdene areas. Die kragtoevoer by die Cydna, Alexandra en Gressworld substasies is glo ook herstel. Die substasies voorsien elektrisiteit aan Athol, Alexandra, Bramley, Hyde Park, Melrose, Riverpark, Tsutsumani en Wynberg. City Power sê dit kan tot drie dae neem om die elektrisiteitstoevoer na ander areas te herstel. Die kragvoorsiener het intiussen ʼn interdik bekom om die stakende werkers te dwing om terug te keer werk toe. City Power sê ʼn paar honderd gegriefde werkers het begin staak oor hulle ongelukkig is oor ʼn nuwe skofstruktuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Sluit hulle toe. Die boere mag is mos toegesluit Sabotasie is sabotasie. Of is dit ook weer die arme verdrukte deur apartheid.

Sg Net ·

Kan nie wees nie. In elke val nie swartes nie. Hulle is mos die lojale mens van die land. Hulle opvoeding en kultuur laat dit nie toe nie.

Trippie ·

HOEKOM die stakers dwing om terug te keer werk toe – FIRE DIE HELE SPUL en stel BLANKES aan !

JAVR ·

Hulle sê vanmore op die radio Give Mandela the power because he was fighting for the power! More julle almal. Gister so haastig hier uit dat ek nie eens gegroet het nie! Moes by die party winkel uitkom vir kruisbande en vandag split die goed die difference!! Oei ek dink ek gaan BAIE spyt wees vanmiddag!

Willy ·

As ek kruisbande moet dra JAVR sal dit voel of ek nog steeds mangels het!

JAVR ·

ha ha ha !!!!!dit voel amper so!!!! Het julle iets gedoen vir julle casual day?

Willy ·

Baie geëet haha. Dis ‘n heel dag affêre. ‘n Halwe rondte gholf ook ingepas. Mos baie na aan die gholfbaan.
En julle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.