Sacharovprys vir 16-jarige Pakistanse heldin

Malala Yousafzai

Malala Yousafzai

Die 16-jarige Malala Yousafzai van Pakistan wat swaar gewond is toe die Taliban haar weens haar stryd vir meisies se toegang tot onderwys deur die kop geskiet het, het die Europese Sacharovprys vir meningsvryheid ontvang.

Malala het wêreldwyd ‘n ikoon geword toe sy in weerwil daarvan dat die Taliban steeds op haar jag maak, nie van haar oortuigings afgewyk het nie.

Sy is die jongste persoon aan wie die prys nog toegeken is.

Sy is ook ‘n gunsteling om môre as die Nobelvredespryswenner aangewys te word.

Die Sacharovprys het haar 50 000 euro’s in die sak gebring, en word jaarliks deur die Europese parlement toegeken.

Oud-pres. Nelson Mandela is ‘n voormalige wenner van die prys, wat in 1988 aan hom toegeken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amy ·

Baie geluk Malala!! Sommer trots op jou. En baie sterkte vir die toekoms. Jy verdien beslis die prys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.