Saddam-regterhand vra sy eie teregstelling moet bespoedig word

Tariq Aziz

Die afgesette en reeds tereggestelde diktator van Irak, Saddam Hussein, se eertydse regterhand gaan ‘n beroep op de pous doen dat sy teregstelling bespoedig word.

Tariq Aziz, adjunkpremier en minister van buitelandse sake van Saddam, is ‘n Assiriese Christen, maar weier om hom  van sy voormalige leier se gru-dade te distansieer.

Hy is aan die einde van die Irakse oorlog aangekeer en in 2008 ter dood veroordeel ná hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom.

Tariq het in 2007 ‘n hartaanval gekry en ly nou aan hoë bloeddruk en diabetes. Hy het ook chroniese depressie.

Die Vatikaan het na sy veroordeling vir begenadiging gevra en gesê dit sal baie tot versoening in die land bydra.

Nou gaan hy die Vatikaan versoek om te vra dat die teregstelling bespoedig word omdat dit vir hom ondraaglik is om onder die huidige omstandighede te bly leef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.