Die afgesette en reeds tereggestelde diktator van Irak, Saddam Hussein, se eertydse regterhand gaan ‘n beroep op de pous doen dat sy teregstelling bespoedig word.
Tariq Aziz, adjunkpremier en minister van buitelandse sake van Saddam, is ‘n Assiriese Christen, maar weier om hom van sy voormalige leier se gru-dade te distansieer.
Hy is aan die einde van die Irakse oorlog aangekeer en in 2008 ter dood veroordeel ná hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom.
Tariq het in 2007 ‘n hartaanval gekry en ly nou aan hoë bloeddruk en diabetes. Hy het ook chroniese depressie.
Die Vatikaan het na sy veroordeling vir begenadiging gevra en gesê dit sal baie tot versoening in die land bydra.
Nou gaan hy die Vatikaan versoek om te vra dat die teregstelling bespoedig word omdat dit vir hom ondraaglik is om onder die huidige omstandighede te bly leef.