SAFA soek tugverhoor ná seks-bewerings

Vernon Seymour Foto: Rashied Isaacs, People's Post

Vernon Seymour Foto: Rashied Isaacs, People’s Post

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Saterdag gesê hy sal die hof nader om te verseker dat die tugverhoor oor bewerings van seksuele wangedrag teen Vernon Seymour, vise-president van Kaapstad, nie vertraag word nie.

“Indien hierdie persoon skuldig bevind word, sal hy afgedank word en verban word uit sokker,” het Norman Arendse van Safa gesê. Hy sê die organisasie ondersoek bewerings dat Seymour “sy posisie misbruik het om seksuele gunsies van ʼn jong vroulike kollega te bekom”.

Seymour het ʼn dringende hofinterdik bekom om die tugverhoor te stop.

“Die toekenning van dié interdik is betreurenswaardig, aangesien die doel van die verhoor was om mnr. Seymour die geleentheid te bied om aangehoor te word,” het Arendse gesê.

Hy sê Safa en die Afrikanasies-kampioenskap (CHAN) waarvan Seymour ʼn kompetisiebestuurder is, sal die toekenning van ʼn finale interdik teëstaan.

Arendse sê Seymour is op 2 November uit Safa geskors, een dag nadat die bewerings onder die organisasie se aandag gebring is. ʼn Tugverhoor sou kort daarna plaasvind.

CHAN het hom ook geskors nadat hulle van die bewerings ingelig is, en wou sy eie tugverhoor hou.

“Sedertdien het mnr. Seymour herhaaldelik versuim om by die verhore op te daag en het uitstel ná uitstel versoek. Hy het ook aangebied om uit CHAN te bedank.”

CHAN het die aanbod verwerp, aangesien hulle wil hê geregtigheid moet in ʼn “oop en deursigtige proses” geskied.

Die Saturday Star het berig dat Seymour die interdik in die Wes-Kaapse hooggeregshof bekom het waarin hy die bewerings ontken en beswaar aangeteken het dat die twee tugverhore gebaseer is op dieselfde aanklag.

Regter Bennie Griesel het beslis dat die partye op 21 Januarie in die hof moet verskyn om te wys waarom die tugverhoor nie moet voortgaan nie, hangende Seymour se aansoek.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.