Saharasand reën in Nederland

‘n Wolk Saharasand het binne 24 uur die 2 000 kilometer van die Algerynse woestyn tot in Nederland afgelê, waar dit die son in sommige dele van  die land verdof het, ‘n ‘n bruin skynsel na die suide laat.

Met die reën wat oor Nederland voorspel word, word verwag dat die sand uit die atmosfeer gereën sal word.

Sulke reënbuie kom tussen twee en vyf keer per jaar in Nederland voor, maar dié keer was die wolk so groot en dig dat dit op satellietfoto’s gesien kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.