SAID-sperdatum Vrydag

Belastingbetalers moet hul opgawes voor Vrydag om middernag indien om ʼn boete vry te spring, het SAID gesê.

Die boete beloop minstens R250 per maand vir laat indiening. Die sperdatum geld vir belastingbetalers wat hul opgawes elektronies by ʼn Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)-tak indien en nie-voorlopige belastingbetalings wat eFiling gebruik om hul opgawes in te dien. Adrian Lackay, woordvoerder van SAID, het gesê dat hulle teen Donderdag meer as 5 miljoen belastingopgawes ontvang het. Vier miljoen was vir 2012 en 991 000 is uitstande opgawes van vorige jare.

“Dit verteenwoordig ʼn toename van 22% in opgawes wat ingedien is in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar,” het Lackay gesê.

Meer as 96 600 opgawes is Donderdag ingedien. Na verwagting sal meer as 100 000 opgawes Vrydag ingedien word.

Lackay sê hulle verwag baie telefoonoproepe by die SAID-kliëntedienssentrum. Die sentrum sal tot 20:00 oop wees vir navrae.

SAID-takke sal tot 16:00 oop wees.

Klik hier vir meer inligting of skakel die SAID se inbelsentrum tussen 08:00 en 20:00 by 0800 007 2777.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.