SAID wil Malema laat sekwestreer

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Suid-Afrikaans Inkomstediens (SAID) het Woensdag by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen dat die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, gesekwestreer word.

Volgens hofdokumente skuld Malema R16 miljoen en is hy “feitlik insolvent en in geen posisie om die SAID terug te betaal nie,” berig City Press.

Malema en sy regspan sal Donderdag besluit of hulle die aansoek gaan teenstaan. As die aansoek suksesvol is of nie teengestaan word nie, sal al sy eiendomme onder kuratorskap geplaas en opgeveil word om die skuld te dek.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.