Sakeman bedrieg Lotery glo uit miljoene

ʼn Sakeman van Zimbabwe is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy die Nasionale Lotery glo uit meer as R4 miljoen bedrieg het.

Die Sunday Independent berig dat die man, wat dubbelburgerskap het, vroeër die week in hegtenis geneem is. Die man het glo sy organisasie African Heritage Society gebruik om op bedrieglike wyse ʼn toelaag van R4,5 miljoen van die Nasionale Lotery se verspreidingsfonds te bekom. Dié fonds word hoofsaaklik gebruik om liefdadigheidsorganisasies te befonds. Die Valke het bevestig dat hulle bewerings ondersoek het dat die man die fondse vir persoonlike gebruik aangewend het. Die man het glo die toelaag bekom onder die voorwendsel dat sy organisasie ʼn “korporatiewe erfenismuseum” in Rivonia, Johannesburg gaan bou om Suid-Afrika se erfenis te bemark. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die man het aan die Loteryraad gelieg oor hoe die geld spandeer is. “Hy het beweer dat ʼn tweedaagse werkswinkel by ʼn luukse hotel in Sandton gehou is maar dit het later aan die lig gekom dat hy egter ʼn bekendstelling van sy nuwe boeke aangebied het,” het Ramaloko aan die koerant gesê. Charlotte Mampane, uitvoerende hoof van die Loteryraad, sê haar organisasie is bewus van die ondersoek maar het nie geweet die man is in hegtenis geneem nie. Rod Montano, die sakeman se regsverteenwoordiger, het aan die koerant gesê daar word voorbereidings gemaak vir die man se borgaansoek Woensdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

martie ·

Genade en ek speel gereeld die Lotto en koop QP maar sukkel om drie nommers in te kry hier kom die ou met n bedelbrief en kry R4miljoen dit kan ook net in Suid-Afrika gebeur.

Johan Viljoen ·

Dit is in elkgeval n bedrogspul, wie is die wenners en wie word gehelp, ek vra mar net.

Bets Botes ·

Kan dit nou vir ons ‘n verrassing wees? Nee glad nie. Vroeer kon jy darem 3 nommers trek. Nou kry jy niks. Natuurlik is dit ‘n klug!!!!!!!!!!!!!!!!!

Sarie van Niekerk ·

Dit is nie nuus nie. Die hele lotto is ‘n klug en ‘n bedrogspul! Maar hierdie is in elkgeval maar net weer ‘n bewys van hoe met belastinggeld gewerk word. Daar moes mos beter ondersoek ingestel gewees het voordat die geld toegeken is. Mense en instansies wat dit werklik nodig het, kan nie kry nie. Dit is soos die skatryk sakevrou wat R34 miljoen gekry het om ‘n luukse winkel te open, maar as as iemand wat die geld regtig nodig het en ook iets wil begin die staatsondersteunende fonds gaan nader vir fondse, sal dit summier van die hand gewys word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.