Sakeman dood aangetref in PE-hotelkamer

ʼn Sakeman van Duitsland is Woensdag dood aangetref in ʼn hotelkamer in Port Elizabeth.

The Herald Online het Vrydag berig die 25-jarige man se liggaam is in ʼn plas bloed in die Garden Court Hotel aangetref. Sy keel was gesny. Volgens polisie wat op die toneel was wil dit voorkom of die man sy eie keel in die badkamer gesny het, en daarna na die kamerdeur probeer loop het om hulp te ontbied.

Kapt. Johan Rheeder, ʼn polisiewoordvoerder, sê die man is laas gesien toe hy Dinsdagaand in sy kamer in gegaan het. “Hy is deur iemand afgelaai en het alleen in sy kamer in gegaan. ʼn Kollega het die volgende oggend personeel by die hotel gebel om ondersoek te gaan instel nadat die kollega hom nie in die hande kon kry nie,” het Rheeder gesê.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys niemand het die man se kamer betree nie. Geen vuilspel word vermoed nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.