Sakeman in Koffiebaai doodgeskiet

ʼn Sakeman is Sondagmiddag in Koffiebaai in die Oos-Kaap tydens ʼn rooftog by sy winkel doodgeskiet.

Maj. Zamukulungisa Jozana, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het omstreeks 16:30 plaasgevind. “Drie gewapende mans het die man se winkel betree en op geld aangedring. Hulle R3 000 gesteel, waarna hulle die eienaar geskiet en gevlug het,” het Jozana gesê.

Die slagoffer is na die Madwaleni-hospitaal geneem waar hy later aan sy bewerings beswyk het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van besigheidsroof en moord word ondersoek.

Die slagoffer se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

mina ·

baie lekker kan net moor en steel en hulle loop vrylik rond die gemors

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.