Sakeman moet R295 miljoen aan SA oorbetaal

Argieffoto

Arnold Bengis, ‘n sakeman van Houtbaai, is deur ‘n hof in Amerika aangesê om nagenoeg R295 miljoen restitusie aan Suid-Afrika te betaal, het The Star Maandag berig.

Die hof in Amerika het die uitspraak Vrydag gelewer en sluit Bengis se seun, David, en sy voormalige sakevennoot, Jeffrey Noll, in. Die hof het bevind dat Bengis (77), David (43) en Noll (62) moet betaal nadat hulle ‘n onwettige hoeveelheid Weskuskreef van Suid-Afrika na Amerika uitgevoer het.

Die drie mans het glo reeds sowat R70 miljoen as deel van ‘n ander kriminele saak aan die Suid-Afrikaanse regering oorbetaal, en hulle moet dus nou die oorblywende R224 miljoen oorbetaal.

Desmond Stevens, waarnemende hoof van visserye by die departement van landbou, bosbou en visserye, het gesê die regering het aanvanklik meer as R537 miljoen geëis, maar is verheug deur die hofbevel. Volgens die hofdokumente het Noll en Bengis aan die hoof van twee Amerikaanse maatskappye gestaan wat vis namens Houtbaai Visbedryf invoer, prosesseer, verpak en versprei.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.