Sakeman op sy plaas voor seun doodgeskiet

Roelof du Plessis (51), die eienaar van ʼn x-strale maatskappy, is Woensdagaand op sy plaas, Vaalbank, in die Bronkhorstspruit- en Cullinan-omgewing in Gauteng doodgeskiet.

Konst. Zanele Vilakazi, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê vyf mans het na bewering omstreeks 23:45 toegang tot Du Plessis  se huis bekom. “Die mans is na die slagoffer se 18-jarige seun se kamer en het hom begin aanrand en na die sitkamer gesleep,” het Vilakazi gesê.

Du Plessis  het die geraas gehoor en gaan ondersoek instel en gesien sy seun word aangerand. Hy het in ʼn worsteling met die groep mans betrokke geraak, waarna hy verskeie kere in sy bolyf geskiet is. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois ·

dan se julle uhuri kom nog dit lankal besig te gebeur /Sterkte aan Famielie

Miss Knysna ·

En so word ons wittes een vir een dood gemaak en die wereld kyk ander pad. Sympathy to the du Plessis family, we mourn with you.

Lizelle ·

Ek ken hierdie familie, dit is tragies. Hulle het so baie vir soooo baie mense gedoen, was altyd bereid om te help. Sterkte aan julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.