Sakeman se helikopter in raaiselagtige-ongeluk

Die Augusta A119 onder takke weggesteek. Foto: TimesLive

ʼn Helikopter wat aan die Middelburgse sakeman, Frikkie Lutzkie, behoort het onder raaiselagtige omstandighede in die Noord-Kaap naby die grens met Botswana neergestort.

TimesLive berig dat die multi-miljoenrandse Augusta A119 Vrydagoggend in ʼn veld gevind is waar dit met modder en takke gekamoefleer is. Volgens die berig is verskeie groot-kaliber patrone in die helikopter gevind. Die helikopter se stert-rotor en lemme is afgesaag en in die veld weggesteek. Die ongeluk het naby die McCarthy’s Rest grenspos, wat naby talle renosterplase geleë is, plaasgevind. Lutzkie, ʼn bekende bokser, beweer hy het die rotor en lemme afgesaag om vandalisme te keer. Volgens die koerant word die voorval deur Noord-Kaapse georganiseerde misdaadeenheid en die Groen Skerpioene ondersoek. Lutzkie, wat twee jaar gelede ʼn sluipmoordpoging oorleef het, beweer hy het laag gevlieg aangesien hy na ʼn plaas gesoek het om te koop. ʼn Woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid, Phindiwe Gwebu, sê die ongeluk is dae nadat dit gebeur het eers aangemeld. Sy het dit as “vreemd” beskryf en sê dit en die kamoeflering van die helikopter sal deel uitmaak van die ondersoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.