TimesLive berig dat die multi-miljoenrandse Augusta A119 Vrydagoggend in ʼn veld gevind is waar dit met modder en takke gekamoefleer is. Volgens die berig is verskeie groot-kaliber patrone in die helikopter gevind. Die helikopter se stert-rotor en lemme is afgesaag en in die veld weggesteek. Die ongeluk het naby die McCarthy’s Rest grenspos, wat naby talle renosterplase geleë is, plaasgevind. Lutzkie, ʼn bekende bokser, beweer hy het die rotor en lemme afgesaag om vandalisme te keer. Volgens die koerant word die voorval deur Noord-Kaapse georganiseerde misdaadeenheid en die Groen Skerpioene ondersoek. Lutzkie, wat twee jaar gelede ʼn sluipmoordpoging oorleef het, beweer hy het laag gevlieg aangesien hy na ʼn plaas gesoek het om te koop. ʼn Woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid, Phindiwe Gwebu, sê die ongeluk is dae nadat dit gebeur het eers aangemeld. Sy het dit as “vreemd” beskryf en sê dit en die kamoeflering van die helikopter sal deel uitmaak van die ondersoek.
Lees meer hier.