Sakeman se liggaam in motor gevind

Wynand de Beer (60) se liggaam is in sy motor in Brakpan aan die Oos-Rand gevind met ʼn plastieksak oor sy kop wat met ʼn kabelbinder vasgemaak was.

LookLocal Brakpan berig dat De Beer se liggaam verlede week Dinsdag in sy Hyundai Tuscon in New Kleinfonteinweg naby Leachville gevind. De Beer se vrou, Rita (58), sê hy het die oggend omstreeks 10:00 die huis verlaat om kliënte te gaan sien. Hy het haar glo teen 15:40 geskakel om te sê hy gaan laat wees. Rita sê toe haar man teen 20:00 nog nie by die huis was nie, het sy hom probeer kontak maar sy selfoon het op stempos gegaan. Sy sê sy het ook hulle seun gekontak wat vir haar gesê het hy het nog nie van sy pa gehoor nie. Die polisie het Woensdagoggend omstreeks 00:30 by die egpaar se huis aangekom met die slegte nuus. Volgens Rita is geen van haar man se persoonlike besittings gesteel nie maar is sy simkaart uit sy foon verwyder. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.