Sakeman se lyk naby hotel opgespoor

Koffiebaai Foto: Jon Rawlinson, Wikipedia

Michael Quin, ‘n 57-jarige sakeman, se liggaam is Dinsdag in Koffiebaai in die Oos-Kaap opgespoor.

“Sy liggaam is omstreeks 09:00 deur sy werknemers naby die Koffiebaai-hotel opgespoor,” het brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Hy is met ‘n skerp voorwerp gesteek.” Quin se motor is nie gesteel nie.

Die polisie ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dit moet natuurlik “voorwerp” wees, jammer vir die vingerfout! Groetnis

JJEls ·

Karlien, dis seker n kombinasie van n skerp voorwerp en vuurwapen. Ek sal “voorwapen” graag wil onthou….dis n nuwe Afrikaanse woord! Lol!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.