Sakeman sterf in vliegongeluk

Clifford Pike. Foto: Willie Bodenstein/www.pilotspost.co.za

Clifford Pike. Foto: Willie Bodenstein/www.pilotspost.co.za

Die Oos-Kaapse polisie het bevestig dat ʼn 50-jarige vlieënier van Benoni aan die Oos-Rand oorlede is nadat sy enkelsitplek-vliegtuig in die Addo Olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap neergestort het.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê die soektog na Clifford Pike is Saterdagmiddag afgelas nadat ʼn lugmag-helikopter die wrak van Pike se vliegtuig in ʼn kloof in die park gevind het. “Die nodige owerhede, insluitend ondersoekkenners van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sowel as beamptes van die Burgerlugvaartowerheid is onmiddellik in kennis gestel en het kort daarna op die toneel aangekom om met hulle ondersoeke te begin.” Govender sê ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

Maroela Media het gister berig dat Pike se enkelsitplek-vliegtuig een van drie ligte vliegtuie was wat Woensdag na Port Elizabeth gevlieg het. Pike se vliegtuig het egter nooit in Port Elizabeth aangekom nie. Die drie vlieëniers het glo verskillende roetes gevlieg nadat daar digte mis opgesteek het. Pike, ʼn sakeman van Benoni, moes glo die naweek aan die Mosselbaai-lugskou deelgeneem het.

Lees ook:
Vermiste vliegtuig gevind
Beloning uitgeloof vir vermiste vlieënier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.