Sakeondernemings gewaarsku teen ‘rugbyman’

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sê minstens twee Kaapse restaurante was slagoffers van ʼn man wat beweer dat hy ʼn verteenwoordiger is van die organisasie.

“In een geval het ʼn Kaapse restaurant ʼn bespreking gekry vir 27 mense met ʼn beweerde vervalste bewys van betaling,” het Saru in ʼn verklaring gesê. In nog ʼn geval is ʼn bespreking vir 36 mense gemaak. Die man, wat beweer hy is die voorsitter van Saru se reëlingskomitee, het glo die bewys van betaling gebruik om aan te voer dat hy te veel betaal het op ʼn ander bespreking. “Die man eis dan glo vergoeding ten einde vervoer te verseker om die bespreking na te kom.” Die man noem homself glo Craig Adams en gebruik die e-posadres [email protected]. Saru sê hy het nie ʼn werknemer met die naam nie en gebruik ook nie die e-posadres nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.