SAL glo die beste

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is vir die 10de keer in soveel jaar deur Skytrax aangewys as die beste lugredery in Afrika.

Die toekenning is Donderdag tydens ‘n internasionale lugskou in die Verenigde Koninkryk aan Siza Mzimela, hoof uitvoerende beampte van SAL, en Cheryl Carolus, voorsitter van die SAL-direksie, oorhandig. Skytrax is ‘n internasionale lugvaartnavorsingsorganisasie. Meer as 18 miljoen ondernemings en passasiers in 100 lande het, oor ‘n tydperk van 10 maande, aan die peiling oor sowat 200 lugdienste deelgeneem. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.