Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is vir die 10de keer in soveel jaar deur Skytrax aangewys as die beste lugredery in Afrika.
Die toekenning is Donderdag tydens ‘n internasionale lugskou in die Verenigde Koninkryk aan Siza Mzimela, hoof uitvoerende beampte van SAL, en Cheryl Carolus, voorsitter van die SAL-direksie, oorhandig. Skytrax is ‘n internasionale lugvaartnavorsingsorganisasie. Meer as 18 miljoen ondernemings en passasiers in 100 lande het, oor ‘n tydperk van 10 maande, aan die peiling oor sowat 200 lugdienste deelgeneem. Klik hier om meer te lees.