SAL kanselleer vlugte na Argentinië

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gaan binnekort alle vlugte na Buenos Aires in Argentinië kanselleer omdat die roete glo nie winsgewend is nie, het die Business Day Woensdag berig.

Tlali Tlali, die woordvoerder van SAL, het aan die koerant gesê die lugredery beplan om alle vlugte na Buenos Aires in die nuwe jaar te staak in ʼn poging om die lugredery se winsgewendheid te verbeter. “Besluite van dié aard berus op aandeelhouers en of hulle saamstem,” het Tlali gesê.

Aanvanklik is die vlugte na Buenos Aires en Beijing identifiseer as roetes wat gekanselleer moet word, maar aandeelhouers het voorgestel dat vlugte na Beijing steeds aangebied moet word.

Carlos Sersale di Cerisano, Argentinië se ambassadeur in Suid-Afrika, beweer egter dié besluit was “polities gemotiveerd”.

Tlali het gesê hulle sal ʼn ‘n omvattende verduideliking verskaf waarom die betrokke roete gestaak gaan word sodra alle konsultasies afgehandel is.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.