SAL kry weer reddingsboei

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het verlede week ʼn noodlening van die regering gekry vir brandstofkoste ten einde te keer dat hy sy internasionale en plaaslike vlugte moes kanselleer.

Die Sunday Times berig dat Pravin Gordhan, minister van finansies, en Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, verlede week ʼn waarborg geteken het wat SAL toelaat om ʼn R550 miljoen bankfasiliteit te bekom vir brandstof en ander korttermyn verpligtinge. Volgens die berig moet die lening oor die volgende drie maande terugbetaal word. Indien die lugdiens sy vlugte moes kanselleer sou dit tot gevolg gehad het dat duisende plaaslike en oorsese passasiers gestrand sou wees oor die feesseisoen. Mayihlome Tshwete, Gigaba se woordvoerder, het aan die Sondagkoerant gesê daar was niks vreemds oor die lening nie en dat lugrederye regoor die wêreld finansiële uitdagings het. Vuyisile Kona, voorsitter van SAL, sê die lugredery se brandstofkontrakte word tans hersien. Hy sê die lugredery, as die grootste koper van brandstof, kry nie die beste pryse nie.

SAL het verlede jaar ‘n R5 miljard staatswaarborg gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.