SAL leen R1.5 miljard

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het sy verbandplan uitgestel om R1.5 miljard van twee banke te leen.

Wolf Meyer, die SAL se hoof finansiële beampte, het aan Business Day gesê dit is ʼn voorlopige stap totdat die kabinet die lugdiens se finansiële omswaaiplanne aanvaar.

Die R1.5 miljard se kapitaal is glo nodig om bedrywighede aan die gang te hou. Die SAL het van ʼn R5 miljard staat-gewaarborgde fonds gebruik gemaak om die lenings te bekom. Volgens Meyer is alle dokumente in plek vir die lenings en wag die lugredery net vir die minister se goedkeuring. Die lenings word glo van Rand Merchant Bank en Investec verkry, maar Meyer wou dit egter nie bevestig nie. Die SAL sal die lenings terugbetaal sodra die lugredery met sy verbandplan kan voortgaan.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.