SAL raadslede loop een vir een

Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het Vrydag gesê hy is deur die media ingelig dat agt raadslede van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) bedank het.

Agt van die SAL se 14 raadslede het sedert Woensdag bedank. Business Day het Vrydag berig Russel Loubser, die voormalige uitvoerende hoof van die JSE, was die eerste raadslid wat Woensdag met onmiddellike effek bedank het. Die hoofrede was glo as gevolg van ʼn gebrek aan ondersteuning van die departement van openbare ondernemings, die lugredery se aandeelhouers.

Cheryl Carolus, die voorsitter van die raad, het gister bedank. Die ander raadslede wat haar voorbeeld gevolg het, is Bonang Mohale, David Lewis, Jabulani Ndlovu, Louis Rabbets, Magaret Whitehouse en Teddy Daka.

Mayihlome Tshwete, Gigaba se woordvoerder, het hul bedankings bevestig en gesê nuwe raadslede sal tydens die SAL se algemene jaarvergadering aangekondig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.