SAL verleng ooreenkoms met Mango

Een van Mango se vliegtuie

Een van Mango se vliegtuie

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en die laekostelugredery Mango het hul vlugooreenkoms verleng.

“Die twee lugrederye het Vrydag die ooreenkoms oor gedeelde vlugte tussen Kaapstad en Durban en tussen Lanseria-lughawe en Kaapstad verleng,” het Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

Die ooreenkoms sluit vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en George in. “Roetes tussen Kaapstad en Bloemfontein, en Kaapstad en Port Elizabeth sal ook ingesluit word,” het Tlali gesê.

Nico Bezuidenhout, hoof uitvoerende beampte van Mango, het die verlenging verwelkom.

Mango se kaartjies sal met “JE” gekodeer word en SAA se kaartjies met “SA”.

Die oorspronklike ooreenkoms is in 2010 onderteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.