SAL: Vlugte na New York hervat

Vlugte tussen Suid-Afrika en die oostelike dele van die VSA is hervat, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) bekendgemaak.

“Die lughawe owerhede in New York het hul goedkeuring gegee dat vlugte na JFK-lughawe hervat kan word,” het Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, in ʼn verklaring gesê. Vlugte tussen Suid-Afrika en die oostelike dele van die VSA is Sondag gekanselleer weens die superstorm Sandy. Tlali sê aansluitingsvlugte vanaf JFK word steeds geraak. “Passasiers word ook geadviseer dat ander vervoerstelsels insluitend die ondergrondse treine in New York nog nie volledig in werking is nie.” Vlugte tussen Johannesburg en Washington is intussen ook hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.