Sam Cowen gaan ysige seewater aandurf

Sam Cowen Foto: Facebook

Sam Cowen Foto: Facebook

Samantha Cowen, die bekende televisie- en radiopersoonlikheid, gaan Woensdag die ysige seewater aandurf en die 7.5 km van Robbeneiland na Bloubergstrand swem.

Cowen het eers verlede jaar begin oefen. Sy en haar vriendin en bekende swemmer Caren Strydom gaan dié uitmergelende tog aanpak in slegs ʼn Speedo-baaikostuum, swempet en -bril.

Daar is gereeld sterk seestrome en die watertemperatuur kan tot so laag as 9 grade Celsius daal. Die twee vroue gaan ook moontlik haaie, jellievisse en ander seelewe teëkom.

Cowen en Strydom het in die winter in die buite-swembad by Wits in Johannesburg geoefen om vir dié uitdaging voor te berei. Die ultra-marathon-swemmer Roger Finch het hulle gelei.

Cowen het gesê sy het tot Julie 2013 nog nooit diep in die see geswem nie. Sy het eers ses maande lank intensiewe oefening in die swembad ondergaan voordat sy die see in Julie aangedurf het. “Ek het gehuil en ek het gevloek, veral tydens die winteroefening, maar na elke sessie het ek eufories gevoel en dít is hoekom ek so opgewonde is oor Robbeneiland,” het Cowen gesê.

Finch sal die tog saam met Cowen en Strydom aanpak en hulle word Woensdag om 12:00 by Big Bay in Bloubergstrand verwag.

Klik hier om hul vordering op Speedo SA se Facebook-blad te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.