Samoa klop Skotland vir eerste keer

Samoa het ‘n geskiedkundige eerste oorwinning oor Skotland behaal toe hulle die Britte met 27-17 op Kingspark in Durban geklop het.

Die Samoaanse vleuel Alesana Tuilagi het twee drieë in sy span se spogsege gedruk waarvan die eerste een reeds ná agt minute gedruk is. James So’oialo het die ander drie gedruk en ook die res van die punte deur middel van sy skopvoet aangeteken. Die Skotte se Sean Lamont het sy span se enigste drie gedruk en Greig Laidlaw het die ander 12 punte deur strafdoele aangeteken.Die eilanders het met hierdie oorwinning vergoed vir die pak slae wat hulle hulself laas naweek teen die Goue Leeus op die lyf geloop het. Hulle het toe tien drieë afgestaan en hul verdediging was baie verdag.

Tuilagi het die eilanders se tweede drie gedruk ná Taiasina Tuifua ‘n behendige aangee na hom gestuur en die Skotte se verdediging groot gebreke getoon het. Laidlaw het dit daarna 14-6 danksy sy skopvoet gemaak. Lamont het Skotland in die 50ste minuut laat voorloop toe hy in die hoekie gaan druk het weens ‘n vaskop-skrum. Tuilagi het daarna egter die wen verseël toe hy die bal op die Skotte se kwartlyn gekry het en vier Skots verdedigers afgeskud het om te druk.

Italië en Suid-Afrika speel saam met Skotland en Samoa in hierdie reeks. Die Springbokke speel vanaand teen Italië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.