Sanders-moord: Drie in hof

Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die voormalige swaargewigbokskampioen Corrie Sanders vermoor het, sal na verwagting vandag in die Brits-landdroshof verskyn.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die drie Zimbabwiese burgers is Donderdag in Oukasie naby Brits in hegtenis geneem. Die drie mans, waarvan twee 20 jaar oud is en die ander 19 jaar oud is, het glo op 22 September by Thatch Haven Country Lodge ingestorm en op klante begin losbrand. Sanders was by die Lodge om sy broerskind se 21ste verjaarsdag te vier en is deur die rowers in die maag en hand geskiet. Hy het die volgende oggend aan sy beserings beswyk. Die polisie het ‘n selfoon, motorsleutels, ʼn beursie, ʼn handsak en kontant wat tydens die rooftog gesteel is in die mans se besit gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.