Sanders-saak uitgestel

Corrie Sanders

Die drie verdagtes wat verdink word van die moord op Corrie Sanders, die voormalige swaargewigbokskampioen, het vandag in die landdroshof in Brits verskyn. Paida Fish (19), Samuel Mabena (27) en Chris Moyo (25) staar aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede in die gesig. 

Volgens Sers. Philani Nkwelase is die saak uitgestel tot 15 Maart en sal die mans in aanhouding bly.  Twee van die mans is op 27 September verlede jaar in die Oukasie informele nedersetting in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het. Die polisie het beslag gelê op ʼn selfoon, voertuigsleutels, ʼn beursie, ʼn handsak en kontant wat glo gesteel is tydens die rooftog op 22 September, waartydens Sanders doodgeskiet is.

Sanders het die Wêreldboksorganisasie se swaargewigtitel in Maart 2003 verower nadat hy Vladimir Klitsckho in die tweede rondte uitgeklop het. Hy het vyf jaar later afgetree.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.