Sandton-dood: Amerikaner was rolprentmaker

David Ellis

David Ellis, die Amerikaner wat Maandag dood aangetref is in sy hotelkamer in Sandton, Johannesburg, was ‘n rolprentmaker.

Ellis (60) se afsterwe is deur sy bestuurder bevestig, het BBC Online berig. Ellis het jare lank in die rolprentbedryf gewerk en was regisseur van verskeie rolprente, insluitend “Snakes on a Plane” (video van die lokprent volg onderaan die berig) en “Final Destination”.

Ellis, ‘n voormalige akteur, het aan sy nuwe rolprent, Kite, gewerk.

Samuel L Jackson, die ster van Snakes on a Plane wat ook moontlik in Kite ‘n rol sou vertolk, het sy meegevoel op Twitter betuig. “Dit is so jammer om te hoof van David R Ellis se afsterwe. So talentvol, so goedhartig, so ‘n goeie vriend. Hy sal gemis word. Te vinnig weggeneem,” het Jackson getwiet.

‘n Hotelbestuurder het Maandag omstreeks 13:00 op Ellis se liggaam in die badkamer van sy Sandton Sun-hotelkamer afgekom. Klik hier om meer te lees.

http://youtu.be/u6Squ9a2kO4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.