Sandton-drawwer identifiseer

‘n Man wat Maandag in Sandton, Johannesburg, ineengestort en gesterf het terwyl hy gedraf het, is Woensdag identifiseer.

Moses Maphakela, woordvoerder van die polisie, bevestig die man se gesin het hom by die lykshuis in Hillbrow uitgeken, berig EWN. Hulle was glo die hele dag Maandag na hom op soek. Getuies sê hulle het die drawwer naby die Benmore-winkelsentrum op die sypaadjie sien lê. Hulle het die polisie ontbied wat hom toe op die toneel dood verklaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.