Sandton-drawwer sterf

Die polisie het Maandag gesê hulle ondersoek die dood van ʼn man in Sandton, Johannesburg, nadat motoriste sy liggaam op ʼn sypaadjie sien lê het.

ʼn Vrou wat verby gery het, het die man Maandag omstreeks 13:00 op Firstraat se sypaadjie sien lê, berig EWN. “Dit het soos ʼn drawwer gelyk, maar dit het nie gelyk of hy beseer is nie. Daar het vier mense rondom hom gestaan,” het sy gesê. ʼn Woordvoerder van die polisie sê dit lyk of hy vir ʼn paar uur daar gelê het. Polisie het aanvanklik gedink dit is ʼn hawelose persoon wat net op die sypaadjie slaap, maar hulle het intussen bevestig dat die man ʼn hardloper was wat gesterf het.

Hulle sal die oorsaak van sy dood en die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.