Sandton-roof: Geld glo nie verklaar

Suid-Afrikaanse doeanebeamptes het Woensdag vasgestel dat die bankier van Jordanië, wat glo van R2 miljoen se Euros beroof is in ‘n hotel in Sandton, nie die buitelandse valuta verklaar het nie.

Dr Farid Alshabbar beweer die geld is Saterdagaand deur personeel van die Sandton Holiday Inn gesteel. EWN berig dat ʼn portier van die hotel Dinsdag in die hof verskyn het nadat €5000 in sy besit gevind is. Die polisie soek intussen steeds na ʼn senior veiligheidsbeampte wat moontlik by die rooftog betrokke was. Volgens EWN het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geen rekord dat Alshabbar die geld verklaar het op die dag wat hy in Suid-Afrika aangekom het nie. Alshabbar hou egter vol dat hy die geld wettig die land binnegebring het.

Lees meer hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.