SANDU dring aan op oortydbetaling

Die vakbond van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Sandu, dring daarop aan dat die departement van verdediging oortyd aan sy lede van die presidensiële beskermingseenheid betaal.

Pikkie Greef, ʼn woordvoerder van SANDU, het Maandag gesê hulle het hul prokureurs opdrag gegee om hul lede se oortyd binne 30 dae van die departement te eis, waarna hulle ʼn dagvaardiging sal uitreik. Die vakbond het dié stap geneem nadat dit aan die lig gekom het dat lede van die presidensiële beskermingseenheid glo die afgelope jaar nog nie oortydbetaling ontvang het nie.

“Hulle is by verskeie geleenthede belowe dat hulle betaal sou word en dan gebeur dit nie, dit kan nie meer so aangaan nie,” het Greef gesê.

Siphiwe Dlamini, die woordvoerder van die departement van verdediging, het gesê hulle sal later oor die aangeleentheid kommentaar lewer.

– SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.