Sanef bekommerd oor boikot van koerant

Die omstrede kunswerk van Brett Murray

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) is bekommerd oor die ANC se beroep op Suid-Afrikaners om die City Press-koerant tot verdere kennisgewing te boikot.

Die beroep is gedoen na die City Press se weiering om Brett Murray se omstrede kunswerk van president Jacob Zuma waarop sy geslagsdele ontbloot word, van sy webtuiste te verwyder. Zuma en die ANC het ʼn hofaansoek gebring waarin hul vra dat die Goodman-galery gedwing word om die kunswerk te verwyder en die City Press gedwing word om dit van sy webtuiste verwyder. “Terwyl ons die ANC se reg erken om sy lede raad te gee oor hoe om hul verbruiker besluite uit te oefen, is ʼn beroep om ʼn koerant te boikot gelykstaande aan intimidasie en die misbruik van mag,” het Sanef in ʼn verklaring gesê. “Die tipe gedra is onvanpas vir ʼn party wat op ʼn ope, demokratiese verhoog funksioneer en veral een wat die nasionale regering lei.” Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en sekretaris-generaal van die SAKP, Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC en Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, het gister die beroep gedoen vir die boikot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.