Sanef verwelkom gerustelling oor weerwet

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die gerusstelling dat die wysigingswetsontwerp van die Suid-Afrikaanse Weerdiens nie daartoe sal lei dat die media gemuilband word nie, verwelkom.

Sanef sê hy het die versekering gekry van die parlementere komitee oor omgewingsake nadat hy vroeër die week ʼn voorlegging gedoen het aan die komitee. Sanef het beswaar aangeteken teen ʼn klousule in die wysigingswetsontwerp dat iemand nie sonder skriftelike toestemming van die SAWD oor uiterste weersomstandighede en lugbesoedeling mag waarsku nie. Sanef se adjunkvoorsitter, Raymond Louw, sê die komitee se voorsitter, Johnny de Langer, het hulle die versekering gegee dat die klousule verwyder sal word. Louw sê die wysigingswetsontwerp het ten doel om te verhoed dat mense vals waarskuwings uitreik of probeer om die publiek te mislei met verkeerde weersinligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.