SA’ner dok meer as R200 000 op vir bottel whisky

ʼn Suid-Afrikaner het glo meer as R200 000 opgedok vir wat na bewering die duurste bottel whisky in die land kan wees.

The Star berig dat die anonieme koper van Johannesburg R230 000 betaal het vir een van drie bottels Balvenie Fifty enkelmout whisky. Die nuwe eienaar sal na verwagting volgende week sy bottel kry. Volgens die berig is slegs drie bottels Balvenie Fifty na Suid-Afrika ingevoer. Die tweede bottel is glo oopgemaak en verkoop teen R8 000 per sopie. Die derde bottel sal van Durban na Kaapstad en dan Johannesburg gebring word as deel van die Whisky Live-fees. Daar is in totaal slegs 88 bottels wêreldwyd beskikbaar gemaak. Die Balvenie Fifty is volgens berigte in 1962 gedistilleer. “Iemand het duidelik die geld gehad om weg te gee,” het Jonathan Miles, Balvenie se handelsmerk-ambassadeur in Suid-Afrika, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.