SA’ner maak fietsry-geskiedenis

Daryl Impey. Foto: Twitter

Daryl Impey het Donderdag die eerste Suid-Afrikaner geword om die geel trui te verower in die Tour de France-fietsrytoer.

Impey was gister in die tweede plek agter Simon Gerrans op die algemene klassifikasie. Impey het Gerrans egter vandag verbygesteek en begin môre se skof in die geel trui. Volgens berigte is Impey ook die eerste persoon van Afrika om die geel trui te dra. Impey is deel van ʼn negeman-span wat Dinsdag se spantydtoets gewen het.

Die Tour de France word jaarliks sedert 1903 in Frankryk gehou en deelnemers kom van regoor die wêreld om aan dié gesogte fietsrywedren deel te neem. Alhoewel die roete jaarliks verander, bly die formaat daarvan dieselfde. Daar is ten minste twee tydtoetse, met die pas deur die bergreeks van die Pirenieë en Alpe en die einde by die Champs-Élysées. Die moderne weergawe van die fietsrytoer bestaan uit 21 daglange segmente (bene of fases) oor ʼn periode van 23 dae en strek oor sowat 3 200km. Die wedren wissel tussen kloksgewyse en anti-kloksgewyse roetes rondom Frankryk. Daar is gewoonlik tussen 20 en 22 spanne met nege fietsryers in elke span.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Baie geluk Darryl hou so aan, ons staan agter jou!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.