SA’ner sterf in Nairobi-aanval

Foto: @KenyaRedCross/Twitter

Foto: @KenyaRedCross/Twitter

Minstens 59 mense waaronder ʼn Suid-Afrikaanse burger is in die gewapende aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia dood.

Clayson Monyela, woordvoerder van Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het op Twitter bevestig dat ʼn Suid-Afrikaner in die aanval dood is. Hy sê die oorledene se familie is in kennis gestel en dat die departement konsulêre dienste aan hulle verskaf. Joseph Ole Lenku, Kenia se minister van binnelandse sake, het Sondagmiddag die dodetal bevestig en gesê talle mense word steeds in die winkelsentrum deur gewapende rebelle aangehou. Volgens Lenku is daar steeds sowat 10 tot 15 gewapende aanvallers in die sentrum. Uhuru Kenyatta, president van Kenia, het laat Saterdagaand tydens ʼn televisie-uitsending gesê van sy familielede is ook in die aanval dood. “Laat ek dit duidelik maak. Ons sal die oortreders vind maak nie saak waarnatoe hulle vlug nie. Ons sal hulle kry. Ons sal hulle straf vir die gruwelike misdaad.” Volgens berigte was daar meer as duisend mense in die sentrum toe die gewapende aanvallers die gebou binnegestorm en begin losbrand het. Dit is intussen bevestig dat twee Franse burgers, twee Kanadese burgers en twee Indiese burgers ook in die aanval omgekom het. Maroela Media het vroeër berig dat ses Suid-Afrikaners ook in die winkelsentrum vasgekeer was maar gered is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.