SA’ner vaar baie goed in Tour de France

Daryl Impey Foto: www.cyclingnews.com

Daryl Impey, Suid-Afrika se nasionale tydtoetskampioen in fietsry, is tans algeheel in die tweede posisie by die Tour de France-fietsrytoer.

Dit is die hoogste posisie ooit vir ʼn Suid-Afrikaner in die Tour de France.

Impey (28) van Johannesburg is deel van ʼn nege-manspan wat Dinsdag die 25km-spantydtoets met minder as ʼn sekonde gewen het. Dit is die vierde been van die uitmergelende wedren.

Die Tour de France word jaarliks sedert 1903 in Frankryk gehou en deelnemers kom van regoor die wêreld om aan dié gesogte fietsrywedren deel te neem. Alhoewel die roete jaarliks verander, bly die formaat daarvan dieselfde. Daar is ten minste twee tydtoetse, met die pas deur die bergreeks van die Pyrenees en Alpe en die einde by die Champs-Élysées. Die moderne weergawe van die fietsrytoer bestaan uit 21 daglange segmente (bene of fases) oor ʼn periode van 23 dae en strek oor sowat 3 200km. Die wedren wissel tussen kloksgewyse en anti-kloksgewyse roetes rondom Frankryk. Daar is gewoonlik tussen 20 en 22 spanne met nege fietsryers in elke span.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.