SA’ner wat Londense magies vol hou benoem vir toekenning

Jana Meyer

Jana Meyer, ʼn boorling van Pretoria wat die afgelope 12 jaar in Londen woon, is onlangs genomineer vir ʼn toekenning wat jaarliks deur die Suid-Afrikaanse Besigheidskamer toegeken word.

Meyer se maatskappy, The South African Food Company, vervaardig tradisioneel Suid-Afrikaanse geregte soos bobotie met geelrys, wors met chakalakasous, en frikkadelle, en verpak en bemark dit op Britse bodem. Vir dié inisiatief is sy benoem as Innoveerder van die Jaar in die kamer se Besigheidstoekennings vir 2012.

Om vir dié toekenning in aanmerking te kom, moet die kandidaat ʼn Suid-Afrikaner wees wat in Brittanje woonagtig is. Meyer is die enigste Afrikaanssprekende én vrou in haar kategorie en spook sake teen vier ander finaliste uit.

“As Suid-Afrikaners hier in Londen kuier, hoor mens gereeld opmerkings soos ‘Ek mis geurige Maleisiese bobotie’ of ‘Ek sal nou enigiets gee vir pap en wors’. Met hierdie onderneming wil ek nie net die Suid-Afrikaners bedien nie – ek wil ook die Britte bekend stel aan die geurige, ryk verskeidenheid van ons kookkuns. Ek wil vir die wêreld wys dat Suid-Afrikaanse kos uit veel meer as biltong bestaan,” sê sy.

Die smaaklike, klaargemaakte etes word op die tweede Donderdag van elke maand by klante se voordeur afgelewer  – net betyds vir die naweek se huistoeverlang. Klante kan ook porsiegroottes volgens hul behoeftes kies.

Meyer, wie se nooiensvan Verwoerd is, is ʼn kleinkind van dr. HF Verwoerd. Die wenner sal op 28 November tydens ʼn spoggeleentheid by die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissie in Trafalgar Square aangekondig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marlene Ehmke ·

Jana – doen so voort! Ons is trots op almal wat die klultuur die vreemde indra.

Anneke Breed van Bokkies BIltong doen dieselfde hier in Barrie, Ontario, Kanada. Sy maak haar eie droe en boerewors, chakalaka hamburgers, biltong, beesstert, koeksisters, melktert en bobotie en cater gereeld by funksies waar sy skaap en vark op die spit braai en die Kanadese word ook bekendsetel aan Suid-Afrikaanse kruideniersware in die winkel. Expats van SA, Malawi, Zim en elders in Afrika en vanoor die hele provinsie klok gereeld in en dit voel soos ‘n stukkie van Afrika in die vreemde.

Daar is Kanadese wat nou al straatbraaie hier hou met SA-kos en lekkernye as tema!

Hierdie vroue verdien toekennings!

Michelle Sephton ·

Jy is ‘n inspirasie vir ons almal! Wat ‘n wonderlike idee! Jy het ons stem verseker, jou trots maker!!

Familie van Stellenbosch ·

Ons is baie trots op jou, Jana. Wys die klomp Engelse wat regte kos is!!

Valkerie Pretorius ·

Geluk Jana, met die pragtige onderneming! Alle voorspoed met die bekendstelling van ons heerlike kos aan die Engelse!

Elsabe Joubert ·

Ek is so ‘n lui kok- jy sal permanent op diens wees vir my! Baie sterkte

Marlene45 ·

Wys vir daardie Engelse ons is beskaafde mense wat baie lekker kos kan kook !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.